free web stats
img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img img

Kom tree af in Die Oog aftree landgoed, sonder om belemmer te word deur "Load Shedding" met Inverter en Panele. (Gholfkarretjie ook ingesluit)

R 1 790 000

Die Oog Aftreelandgoed is 'n unieke tuiste vir afgetrede burgers met 'n aktiewe of rustige leefstyl, wat nie jou tipiese aftreelandgoed soek nie.

Hierdie eiendom bied 2 slaapkamers met genoegsame ingeboude kaste en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is en suite.

Dakwaaiers is teenwoordig in meeste van die vertrekke. Dit is 'n netjiese geteƫlde huis met 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer.

Die moderne kombuis het 'n gasstoof met elektriese oond, afsuigwaaier, oorgenoeg kaste met plek vir 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eenheid het ook 'n binnehof met wasbak en alle vensters is toegerus met gordynrelings.

Outomatiese enkel langvormige motorhuis met pakplek en 'n agterdeur wat uitloop na die tuin. Daar is ook 'n motorafdak voor die motorhuis wat skuiling bied vir een voertuig asook die gholfkarretjie.

Daar is 'n sypaadjie en lae onderhoud tuin aan straatfront, en die pragtige tuin agter kan met / sonder net beskerming oorhandig word. Die huidige eienaar het 'n katdigte omheining opgerig sodat die kat nie in die strate in dwaal nie. Dit kan natuurlik ook opgehou word om die bosnag ape of ander katte uit die huis uit te hou.

Daar is ook afdakkies voor meeste vensters en buitedeure. Die onderdak stoep is toegerus met 'n braai, en daar is ook 2 watertenks: 1 000 liter & 2 500 liter wat reenwater opvang.

SolarHart Sonkrag geiser 180 liter.

Omskakelaar en battery (5 KW) & 6 sonpanele.

'n Waterverkoelingstelsel wat aan elke vertrek behalwe badkamers, gekoppel is.

Daar is ook muskietgaas voor die meeste vensters en skuifdeure.

'n Petrol Yamaha gholfkarretjie in puik toestand, is ook ingesluit met die koop van die woning.

Die geriewe sluit 'n gesondheidsorgsentrum, skoonheidsdienste en haarkapster, verhitte swembad, restaurant, geriefswinkel, gimnasium, biblioteek, sportfasiliteite, putt-putt baan en 160 ha wildskamp in.


Eiendoms kenmerke

  • 2 Slaapkamer
  • 2 Badkamer
  • Motorhuis met automatiese deur
  • Motor afdak
  • Kombuis
  • Lug Verkoeler
  • Solar Instalasie | 5KW Inverter met battery
  • Yamaha Petrol Golf karretjie
  • Tuin
  • Gimnasium op oord
  • Verhitte Swembad op oord
  • Baie aktiwiteite
  • Sorg Sentrum
  • Sekuriteits Kompleks

Property Map